Stop Veediefstal – Livestock Tracking Device

Hoekom Agri-Alert?

Agri-Alert se produkte het 'n 2 jaar waarborg en is die mees koste effektiewe stelsel vir die beskerming en monitering van u vee, boerdery en bates.

Monitor vee 24/7 vir abnormale gedrag.

Monitor die gedrag van jou groot- en kleinvee en word ingelig van enige abnormale gedrag by jou veetroppe indien ongewenste elemente jou vee teiken.  Ongewenste elemente sluit in veediewe, jakkalse, rooikatte, rondloperhonde en selfs veldbrande.  5 persone kan op eenslag ingelig word van abnormale gedrag.

Vee het GEEN selfoonopvangs nodig!

Met Agri-Alert sluit ons die tekortkoming van ander stelsels, wat 100% afhanklik is van selfoonopvangs, uit.  Die Agri-Alert stelsel is so ontwerp dat jou vee kan beweeg in gebiede waar GEEN selfoonopvangs is nie, en dat die stelsel jou nogsteeds sal inlig van abnormale gedrag by jou vee.  Jou basisstasie moet egter op 'n punt met selfoonopvangs opgerig word en die klient moet binne selfoonopvangs wees.

Monitor jou trop se beweging, nie net een dier.

Agri-Alert se stelsel is so ontwikkel en die pryse so saamgestel, dat ons dit moontlik maak om op 'n baie bekostigbare manier 'n groot klomp diere in jou trop te monitor.  Sodoende het jy as klient 'n baie beter idee wat in die trop aangaan inplaas van die gedrag van een dier in die trop.

GPS posisie van jou vee op jou selfoon

Met GPS nekbande kan die posisie van vee intyds bepaal word, asook in die geval van abnormale aktiwietiet by jou kudde.

Virtuele grense met behulp van GPS posisie

Indien 'n GPS nekband aangewend word, kan virtuele grense op die sisteem gelaai word sodat kliënte ingelig kan word indien vee buite sekere grense beweeg, of binne gebiede beweeg waar hulle uitsluitlik nie mag nie.

Stelsel het 2 jaar waarborg.

Ons vertrou ons stelsel se kwaliteit en funksionaliteit soveel dat ons 'n 2 jaar waarborg gee op alle aankope.

24 uur bystand

Ons weet dat die meeste gevalle van veediefstal en wanneer roofdier jou vee teister, snags gebeur.  Daarom het ons 'n 24 uur bystandlyn wat gekontak kan word indien kliente bystand benodig.

Meer Oor Agri-Alert

Agri-Alert is 'n trots Suid-Afrikaanse maatskappy wat gestig is in 2011. Agri-Alert is 'n sytak van 'n privaat maatskappy, Yrless International (Pty) Ltd, wat gestig is in 2001 deur drie Elektroniese Ingenieurs van die NWU (destydse PU vir CHO).

Yrless International (Pty) Ltd fokus vanaf 2001 op tegnologie ontwikkeling in die wildopsporings bedryf asook ontwikkeling in die meer korporatiewe IT  en sellulêre markte.